Índice para Landbou Boereplanne 2023 em Landbou Boereplanne (2024)

Home/Para Mulheres /Landbou Boereplanne/Landbou Boereplanne 2023/Nesta edição

Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023DIE SALIGHEID VAN PLANNE MAAKEk kan die oubase uit my kinderjare nog goed onthou. Daardie ou manne uit my geweste van die Noordoos-Kaap wat nog in die Tweede Wêreldoorlog geveg het. Baie van hulle is gedurende die beleg van Toebroek in Libië in Noord-Afrika deur genl. Erwin Rommel se gedugte Afrika-korps gevange geneem en na ’n krygsgevangekamp in Italië verskeep. Van daar het hulle met al die vernuftigheid eie aan ’n klomp plaasseuns ontsnap, die berge in gevlug en by die Italiaanse burgerlike weerstandmagte aangesluit, saam met wie hulle tot die einde van die oorlog baklei het. Daar was net ’n anderste kwaliteit aan daardie oubase. ’n Wêreldwysheid wat van elders gekom het. Van dinge sien en beleef wat niemand anders ’n benul van gehad het nie. Die ervaring van oorlog se wrede smeltkroes…2 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023WOESTYNSKAPE EN TURKSVYE TEM WOESTYNPLAASPLAASINLIGTING LIGGING:Helmeringhausen, Namibië NAAM: Dabis EIENAARSKAP: Vierdegenerasie-familieboerdery VERTAKKINGS: Skape (hoofvertakking), beeste, bokke en turksvye GRONDTIPE: Rooi rante op die grootste deel van die plaas VELDTIPE: Kleinbossieveld met baie goeie weiding JONGSTE REËNVAL: 125 mm per jaar; voorheen gemiddeld 140 mm KORTOM ■ Woestynskape hetdieregte geneomuitstekendindroë toestandeteproduseeren slaglammerste lewer. ■ Die Dabis-skaapisuit verskillendegeharderasse saamgesteldanksyproewe metverskillendekruis ings. ■ Die boerderymaak16 verskillende turksvyprodukte om sy inkomste uit teeldiere en slaglammers aan te vul. Slim planne is noodsaaklik as ’n mens op ’n skaapplaas neffens die Namib-woestyn wil oorleef – wat nog te sê vooruit boer. Suider-Afrika beskik egter oor vernuftige boere en planmakers, soos mnr. Jörg en me. Michelle Gaugler, wat al hul vernuf ingespan het om ’n mediumraam skaap te teel waarmee hulle sukses behaal, asook ’n turksvyboerdery gevestig het. Die Gauglers…11 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023KARRET JIE MAAK DRAADSPAN PYNLOOSPLAASINLIGTING LIGGING: Bredasdorp, Wes-Kaap NAAM: Rondekop-trust KORTOM ■ ’n Draadspankar om doringdraad moeiteloos en sonder skrape en seerplekke aan die hande af te rol, maak draadspan nou ’n plesier. ■ ’n Voersakbekoophouer laat toe dat ’n enkele werker ’n sak moeiteloos vol voer kan maak, pleks daarvan dat een mens die sak moet oophou en die ander een die voer ingooi ■ Albeidiéboereplanneis deurplaaswerkersontwikkel en in 2022 op Nampo Kaap vertoon. Draadspan kan soms ’n moeilike en geniepsige proses wees, veral wanneer met doringdraad gewerk word. Snye en krappe aan die draadspanners se hande en arms is nie ongewoon nie. Op ’n dag het mnr. Aubrey Plaatjies, wat vir mnr. Gert Aggenbach en sy pa, Henk, van die Rondekop-trust naby Arniston boer, genoeg daarvan gehad. Hy het mnr. Isak McGrebe,…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023VANGHOK EN KRIEKETMASJIEN WYS BOEREVERNUFPLAASINLIGTING Ligging: Arniston, Wes-Kaap Naam: Rondekop-boerdery KORTOM ■ ’n Doelgemaakte bosvarkvanghok met ’n eenvoudige dog doeltreffende platformtrap binne wat die valdeur agter die dier laat toeval, het baie aandag getrek in 2022 se boereplankompetisie op Nampo Kaap. ■ Enkele diere word vir die pot gevang, maar die doel is nie om heeltemal van hulle ontslae te raak nie ■ Nóg ’n pryswenner was die jong Jim Christie-Smith van Bredasdorp wat ’n tuisgemaakte krieketboulmasjien ontwikkel het. Bosvarke is taamlik volop in hul omgewing en kom ook op hul plase voor. Hoewel hulle nog nie groot skade aan gesaaides aangerig het nie, kan dit wel gebeur. Daarom wou mnr. Gert Aggenbach van die Rondekop-boerdery by Arniston van hulle vang. Hy en sy pa, Henk, boer daar saam in ’n trust. Hoewel bosvarke…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023LIGTE SPUITWA KNIKKER ONKRUID BEHOORLIK UITLIGGING Napier, Wes-Kaap KORTOM ■ Die Weedmaster Quadis‘n ligte onkr uidspuitwawa top moeilik begaanbare plekke kanwerkenselfsdeur‘n vierwielmotorfiets gesleep kan word. ■ Dit is veral nuttig in nat toestande wanneer swaarder spuite moeilik in lande inkom. ■ ‘n Diepsiklusbattery verseker‘nwerkstydvantot 12 uur voor dit nodig is om die battery te herlaai. Hy het agtergekom graanboere het ’n behoefte aan ’n klein, ligte onkruidspuit wat agter enige voertuig – selfs ’n vierwielmotorfiets – gesleep kan word om onkruid langs en op die punte van graanlande te bespuit. So sê mnr. Johann Swart van die plaas Goedeverwachting by Napier oor die Weedmaster Quad, die onkruidspuitwa wat hy ontwerp en gebou het. “Die behoefte aan so ’n onkruidspuitwa is veral groot wanneer onkruidbespuiting in nat toestande gedoen moet word wanneer moeilik met ’n groter…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023SÓ FNUIK SOJABOER ESKOM SE BEURTKRAGPLAASINLIGTING LIGGING: Hartswater, Noord-Kaap NAAM: Jan van Heerden en Seuns EIENAARSKAP: Beslote korporasie VERTAKKINGS: Sojabone, mielies, koring, katoen, hawer, lusern, pekanneute, beeste, wild en ’n gruisgroef GRONDTIPE: Die helfte van die lande is turfgrond en die ander helfte is swaar leemgrond GEMIDDELDE REËNVAL: 450 mm per jaar, maar die afgelope paar jaar tot 1000 mm KORTOM ■ Kragonderbrekings het hierdie boer gedwing om kragopwekkers te installeer om spilpunte van elektrisiteit te voorsien. ■ Nou installeer hy ’n sonplaas om in die helfte van sy kragbehoeftes te voorsien, terwyl die kragopwekkers en Eskom die ander helfte sal verskaf. ■ Die uiteindelike mikpunt is om die boerdery heeltemal van Eskom te speen en alle krag self op te wek. Hy wil voortbou op die sukses wat hy as besproeiingsboer behaal het, maar…10 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023WATERBUFFELS GENETIES VERBETER MET INGEVOERDE sem*nPLAASINLIGTING LIGGING: Agter-Paarl, Wes-Kaap PLAASNAME: Zandam en De Hoop GROOTTE: 83 ha EIENAARSKAP: Mauro Delle Donne-familietrust VERTAKKINGS: Kaasmakery, Mediterreense waterbuffels, varke GRONDTIPE: Sandgrond REËNVAL: 460 mm per jaar KORTOM ■ Om sy Mediterreense waterbuffels geneties te verbeter en hul produksie te verhoog, voer mnr. Mauro Delle Donne van die bekroonde kaasmakery Zandam spesiale waterbuffelsem*n van gesogte bloedlyne uit Italië in om sy koeie kunsmatig te insemineer. ■ ’n Spesiaal aangepaste KI-program, wat hormoonbehandeling insluit, word gevolg omdat dit moeilik is om waterbuffelkoeie te identifiseer wat op hitte is. Dink aan eksotiese kase – veral in die Wes-Kaap – en die naam Zandam, tussen die Agter-Paarl en Durbanville, kom dadelik by jou op. Een van dié boerdery se produkte, Mozzarella di Bufala, gemaak van die melk van Mediterreense waterbuffels, is in…11 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023KERWER MAAK VINNIG VEEVOER VAN TURKSVYBLAAIELIGGING Cumberland (distrik Thabazimbi), Limpopo KORTOM ■ ’n ’n Pasgemaakte turksvykerwer loop op spore oor droogtafels waar die snysels uitdroog. ■ Die lemme van dié nuttige werktuig wat sowat R7 000 gekos het om te bou, is gemonteer op skuifhekrollers wat op die spore loop. ■ Mnr. Anton Scheepers, ’n wildboer van Limpopo, het ook ’n spesiale trollie vir die swaar masjien gebou om dit met die minste moontlike moeite en arbeid te kan verskuif. In die droogtejare van 2015 tot 2017 het mnr. Anton Scheepers, ’n wildboer van Cumberland in Limpopo, uit nood ’n turksvykerwer ontwikkel wat nou deel van sy heeltydse voerplan is. In dié tyd het hy besef hy sal alternatiewe voer vir sy wild moet kry. Ná ’n gesprek met prof. Herman Fouché van die Universiteit…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023OU STROPER VOEG WAARDE TOE VIR ROSYNTJIEBOERPLAASINLIGTING LIGGING: Groblershoop, Noord-Kaap NAAM: Silver Moon Investments GROOTTE: 164 ha EIENAARSKAP: Alleeneienaar en huurgrond VERTAKKINGS: Rosyntjies, pekanneute, lusern VELD: Kalahari-agtige struikveld REËNVAL: 380 mm van Januarie 2022 tot Januarie 2023 KORTOM ■ ’n Ou stroper is omgebou om rosyntjiegradering op dié plaas te verbeter. ■ Dit dien ook as ’n skudmasjien wat handearbeid tydens die oes van pekanneute bespaar. ■ Hierdie vernuftige planmaker het ook ’n blaarblaser gebou om die optel van pekanneute te vergemaklik, asook ’n loogbak vir die loog van rosyntjies. Die uitvoerrosyntjieboer mnr. Dirk Louw se hande staan vir niks verkeerd nie. Ná ’n slapelose nag oor die aanvanklike swak gradering van sy rosyne in 2022, wat ’n uitsonderlik nat jaar was, het hy ’n ou stroper aangepas om ’n skud-aksie uit te voer en só…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023DEKGEWASSE LANGS DIE ORAN JE TOE'N ‘GOEDKOOP’ BOEREPLANKORTOM ■ Tafeldruifboere in die Noord-Kaap span dekgewasse in om die grond los te maak, waterindringing te verbeter, onkruid te bekamp en die grond af te koel. ■ Hulle moet die dekgewasse só kies dat dit nie met produksiedoelwitte en belangrike stadiums van die tafeldruiwe inmeng nie. Die aanplant van dekgewasse hou talle voordele in vir tafeldruifwingerde in die Benede-Oranjeriviergebied van die Noord-Kaap. Boere in dié gebied moet planne beraam vir grond wat baie varieer, somerhitte, wind, onkruid, swamsiektes, stygende insetkoste en streng markvereistes. Mnr. Danie Steyn, hoofbestuurder van die tafeldruiwevertakking van Oseilandboerdery by Augrabies, sê hulle het dekgewasse in die werkrye begin vestig nadat hulle in 2004 vir die eerste keer met presisieboerdery begin het. Omdat die grond so baie varieer oor klein oppervlaktes, het hulle die boerdery se…9 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023SLAKBOERDERY BEHAAL STADIG, MAAR SEKER SUKSESPLAASINLIGTING LIGGING: Wildernis, Suid-Kaap NAAM: Goshen GROOTTE: Altesaam 19 ha (waarvan slegs ’n halwe hektaar vir die slakboerdery gebruik word) GROND: pH van 7,5 VERTAKKING: Slakboerdery REËNVAL: Sowat 650 mm per jaar KORTOM ■ Suid-Afrikaanseslakboere kan net in sowat 25% van die plaaslikevraagvoorsien. ■ Benewens beduidende bronnevanproteïenenlae hoeveelhedevet, isslakke ookgoeiebronnevanyster, kalsium, vitamienAen’n aantalanderminerale. ■ Goshen biedvir voornemendeplaaslike slakboerekursusseaanoor dieverskillendeaspektevan slakboerdery. Hoewel ’n slak nie ’n skaaptjoppie of lekker steak kan vervang nie, groei die vraag na dié delikatesse in Suid-Afrika só vinnig dat die handjie vol plaaslike slakboere net in sowat 25% van die vraag kan voorsien. Die meeste slakke moet ingevoer word en daar bestaan baie moontlikhede vir uitbreiding. Mnr. Johan Oelofse van die Goshen-slakplaas by Wildernis in die Suid-Kaap sê hul grootste kliënte is groothandelaars en restaurante reg…8 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023UIT TOEKA SE DAEPIET ADVOKAAT WOU WATER HÊ! UIT: LANDBOUWEEKBLAD, 24 OKTOBER 1972 Toe hierdie boer plaas koop, kon hy in sy verbeelding 300 ha onder besproeiing sien. Maar die naaste water was in die berge, 12 km van die opstal af. ’n Droom om daardie water op sy leemgrond te kry, het ná baie jare werklikheid geword deur middel van ’n kanaal (sover bekend, die langste private betonkanaal in Suid-Afrika), R100 000 en ’n hele paar ton dinamiet. Hulle noem mnr. Piet Olivier van die plaas Lorraine by Clanwilliam “Piet Advokaat” vanweë die feit dat hy ’n regsgeleerde is wat sy vinnige brein goed kan gebruik. Hyself sê egter hy moes eintlik ’n ingenieur geword het, want die kanaal wat hy na sy plaas toe gebou het, is ’n ingenieursprestasie wat in…11 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023’N PLAN VIR ELKE PROBLEEMLIGGING Nampo, Bothaville, Vrystaat WENNER: GEMODIFISEERDE MASJINERIE, WERKTUIE EN TOERUSTING Mnr. Bertus Goosen van Lobatse, Botswana, se werkbank met ’n klein aambeeld en bankskroef is deur die beoordelaars as uiters doelmatig bestempel. Goosen, wat met beeste, skape en varke boer, asook graan en hooi verbou, sê aan die begin van die covid-19-inperking kon hy nie hoefysters in die hande kry nie. Hy het toe dié aambeeld van ’n treinspoorstaaf gemaak om ou hoefysters weer diensbaar te maak. Hy het dit op ’n dik staalplaat gemonteer. Die pote kan afskroef as die werkbank vervoer moet word. Die aambeeld het gleuwe waarin ’n hoefyster verstel kan word en gate waarin ou spykers wat vassit, uitgeslaan kan word. Die hoefyster kan ook op die werkbank reguit getimmer word. Besoek Landbou.com vir ’n video…6 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023KANTELBARE SONKRAGSTELSEL BENUT ELKE SONSTRAALPLAASINLIGTING LIGGING: Ladismith, Wes-Kaap NAAM: Wilgerivier GROOTTE: 123 ha VERTAKKINGS: Damaraskape (minstens 1 000), lusern onder besproeiing (22 ha), droëlandweiding met soutbos en kweekgras (25 ha) KORTOM ■ ’n“Wipplank”-sonpaneelstelsel, gemaak van vierkantyster en pype, kantel panele soggens na die westeen smidda enadie weste om sonlig maksimaal te benut. ■ Met’nkraghongerplaasmet waterpompe vir besproeiingen veesuipings was ditbelangrik om die plaas sover moontlik van Eskomkrag te speen om kragkoste te beperk. ■ Nadatmnr. FanieLerm ook’ntweede“wipplank”-sonstelsel gebouhet, het sy Eskomrekening met tot 70% gedaal. Sonkrag is kragtig, maar die meeste statiese panele benut nie ’n volle dag se opwekkingsvermoë nie. ’n Kantelraamwerk van meestal bestaande materiaal rig panele ten volle na die son en verseker vir dié boer twee tot vier uur bykomende opwekking per dag – en ook ’n veel laer Eskomrekening.…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023JAN SE DONKIE IS ’N WONDERLIKE DINGPLAASINLIGTING LIGGING: Ohrigstad, Limpopo NAAM: Skrik van Rondom GROOTTE: 240 ha VERTAKKINGS: Skape en wild REËNVAL: 400 mm/jaar KORTOM ■ Mnr. Jan Bylsma, skaap-en-wildboer van Ohrigstad, was moeg vir Eskom en kouewater. Toe maakhy self’n plan. ■ Die donkie wat Bylsma teen sowat R2000 gebou het, verskaf nou elke dag aan vier huishoudings van sy gesin én aan plaaswerkers warm water. ■ Hy bespaar ook duisende rande per maand aan krag. Sy voorman het hom die bynaam Bou-en-Breek gegee. En mnr. Jan Bylsma, skaap-enwildboer van die plaas Skrik van Rondom, doen nog ál die jare dié naam gestand. Want hier – in die Bosveld buite Ohrigstad in Limpopo – staan vier enorme kliphuise en ’n swembad wat die 70-jarige Jan met sy eie hande en sweet gebou het. Dit gebeur…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023MOBIELE SKOONMAKER GAAN WAAR DIE SAAD ISPLAASINLIGTING LIGGING: Bredasdorp, Wes-Kaap NAAM: Devillion GROOTTE: 570 ha EIENAARSKAP: Privaat VERTAKKINGS: Graan, vleisbeeste (Limousin-kruisings), skape (Dohne-Merino’s) en fynbos GROND EN VELDTIPES: Gruis-tot leemgrond, asook bossieveld GEMIDDELDE REËNVAL: 600 mm/jaar KORTOM ■ Mnr. Mattheus Venter het sy eie mobiele saadskoonmaker gebou sodat hy dié taak, wat hy op kontrak vir ander boere doen, vinniger kan verrig ■ Hy het ’n saadskoonmaker uit Oekraïne ingevoer en dit op ’n sleepwa gemonteer, tesame met awegare, pompe en ander toerusting, sodat hy dit met sy bakkie van plaas tot plaas kan sleep. ■ Met dié masjien kan hy meer as 30 t saad per dag skoonmaak, dit volgens gewig klasseer én verpak. Min saaiboere beskik oor hul eie saadskoonmaker. Tog is een van die belangrikste aspekte van saaiboerdery om die saad direk ná…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023BOERE KRY HUL EIE IKEALIGGING Bothaville, Vrystaat KORTOM ■ ’n Mentor vir selfdoeners stel nou sy werktuigontwerpe aan boere beskikbaar om self te maak. ■ Een van sy ontwerpe, ’n kantel-sleepwa, bespaar baie arbeid tydens die vervoer van kleiner vragte. ■ ’n Uitswaai-hystoestel haal die rugbreek uit plaaswerk. Die afgelope drie jaar het mnr. Gert Visser van Bothaville se pasgemaakte graanwerktuigontwerpe opslae gemaak onder graanboere. Dié suksesvolle ontwerpe strek van ’n gravitasietapkaren-ontlaaiwa tot ’n kompakte sleepwa en ’n meerdoelige ontlaaisleepwa vir die uitstrooi van kalk en kunsmis. Visser bou al vir baie jare graanwerktuie in die mieliehoofstad, en is al van kleins af met ysters deurmekaar. “Ons het self die ysterwerktuie op ons familieplaas in die Sandveld onderhou,” sê hy. Hy is oorval deur navrae oor sy ontwerpe, en só is ’n nuwe vertakking…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023PLAASLIKE OPLOSSINGS VIR PLAASLIKE PROBLEMEMy oupa, mnr. Jimmy Reid, het in 1961 saam met mnr. Chris Verwey ingekoop by ’n masjienbouonderneming op Ceres in die Wes-Kaap. Hulle het algemene masjienbouwerk gedoen wat gemik was op daardie tyd se boerderye in die omgewing. Ons doen dus al ’n paar geslagte lank sake met omtrent al wat ’n boerdery is in die Ceres-omgewing. Ons fabriek is daar en ons toets ons toerusting meestal by plaaslike boere. Ek het bedryfsingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en eers in telekommunikasie gewerk voordat ek in 2007 by die familiebesigheid aangesluit het. Ons het vir ’n jaar of drie net aangegaan met ’n klein, algemene werkswinkel. Toe het van die boere my begin nader met spesifieke behoeftes vir werktuie. Een van die eerste groot projekte wat ons aangepak het, was…8 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023PERLEMOENBAKKE KRY TWEEDE ASEM AS VOERKRIPPEPLAASINLIGTING Naam: 1. Grashoek (Bredasdorp) 2. Hermanusheuwel (Klipdale) Grootte: 4 000 ha (altesaam vier plase) Eienaarskap: Trust en ’n beslote korporasie Vertakkings: Graan (koring, hawer, kanola en gars), vleisbeeste (Angus, Bonsmaras), skape (Merino’s, SA Vleismerino’s) en melkery met Holsteins en Ayrshires Grond-en veldtipe: Meestal Glenrosa en wasbank, asook Oakleaf en sandgrond Reënval: 800 mm per jaar KORTOM ■ Die Bredasdorpse boer mnr. Pieter du Toit het ou perlemoenteelbakke in praktiese grootvolumevreetbakke en watertrôe vir sy beeste omskep. ■ Tot 18 Holsteinkoeie of vleisbeeste kan tegelyk uit een bak vreet. Die bakke word met kabelbinders in lang rye aanmekaar vasgemaak. ’n “Piramide” in die middel sorg dat die voer maklik gevreet kan word. ■ Dieselfde bakke is aangepas vir waterkrippe waarvan die watervlak deur vlotterkleppe beheer word. As vyfdegeslagboer wat saam…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023ANGUSSE SE SKOUSAFARI BLYK WENRESEP TE WEESKORTOM ■ Die Angus-klub in die Wes-Kaap hoop sy vernuwende Cattle Battle-skousafari sal ook in die res van Suid-Afrika en by ander veerasse posvat. ■ Die skoukonsep is bedoel om aanvullend tot gewone landbouskoue te wees, en gee telers die geleentheid om aan skoue deel te neem sonder dat hulle hul diere van die plaas af hoef te neem. Die afgelope paar jaar het covid-19 skoue ernstig benadeel en selfs in die wiele gery. Landwyd kon skoue vir ’n jaar of twee glad nie plaasvind nie, en net toe die covid-19-stof gaan lê het, het bek-enklouseer toegeslaan. In baie gevalle was diere reeds voorberei vir skou toe dit afgestel moes word. Uitstekend afgeronde diere op plase het die gedagte by mnr. Jaco Smit, ondervoorsitter van die Wes-en Suid-Kaapse Angus-klub, laat…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023INSEKKENNER GEE VRUGTEVLIEË KISHOU UIT DIE LUGPLAASINLIGTING LIGGING: Limpopo, Hoedspruit NAAM: Fromabove KORTOM ■ ’n Aangepaste girokopter waarmee lokaas uit die lug op vrugtebome toegedien word, speel klaar met vrugtevlieë. ■ ’n Spesiale toediener, saam met ’n stadig genoeg vliegspoed, verseker dat druppels van die ideale grootte geplaas word. Dit was ’n ontploffing in vrugtevlieggetalle in Desember 2007 wat die Hoedspruitse insektekundige mnr. Tom van der Meulen laat besluit het om sy girokopter vir die lugbespuiting van lokaas aan te pas om dié vernietigende plaag hok te slaan. “Vlieggetalle het vroeg in Desember begin toeneem en teen die einde van daardie maand het ons by Bavaria, een van my groot kliënte, meer as 1 000 vlieë gevang in die lokvalle wat in die 400 ha se vrugteboorde geplaas was. “Ek het vir mnr. Johan du Preez,…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023PLATFORM WIL KOSTEKNYPTANG PLETTERVATStygende produksiekoste en struikelblokkemetoesfinansiering deur handelsbanke of landboubesighede oorheers dikwels landbougesprekke. Om die neiging te stuit dat landbougrond se waarde minder styg in verhouding tot produksiekoste en uiteindelik ’n koste-en finansieringsknyptang veroorsaak, is mnr. Alfons Visser, megaboer van Hartswater in die Vaalhartsbesproeiingskema, ver gevorder met die ontwikkeling van ’n digitale platform waarop ’n boer die verkoopkontrak van sy produk in dollarwaarde as sekuriteit kan aanbied om insette in dollarwaarde aan te koop. Die aanlyn platform, wat tans ten bedrae van miljoene rand saam met ander partye ontwikkel word, gaan soortgelyk wees aan Amazon en Takealot. Die boer sal sy insette daarop kan bestel, maar dit word uitgebrei sodat hy ook sy uitvoer daarop kan doen. Visser se verwerkingsaanleg sal ’n sleutelrol in die finansieringsmodel speel. Visser, ’n voormalige Boer van…3 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023VILLIERSDORP KOÖPERASIE MAAK REEDS’N EEU LANK PLANNEKORTOM ■ Die sterkste finansiële posisie nóg het die kroon gespan op die Villiersdorp Koöperasie se eeufeesvieringe in 2022. ■ Die vervaardiging en verspreiding van moskonfyt was ’n nederige begin vir die koöperasie. Later het die klem na wyn en vrugte verskuif. ■ Diens aan boere, vernuwing en uitbreiding is die DNS van dié koöperasie, wat geen plan het om na ’n maatskappy om te skakel nie. Oor die afgelope twee dekades het die meeste Suid-Afrikaanse landboukoöperasies van die oorspronklike koöperatiewe ondernemingsvorm in openbare maatskappye omgeskakel. Die Villiersdorp Koöperasie (Vilko) in die Wes-Kaap is een van slegs ’n handjie vol landboukoöperasies wat hoofsaaklik tot voordeel van hul lede – boere – funksioneer. “By ons word diens steeds voorop gestel, selfs voor wins. Wanneer die boustene van diens aan ons lede…11 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023OSSEWA EN DOVER SIT BEURTKRAG ORE AANTerwyl my oupa die seën vra vir die voedsel, sing die gaslamp egalig op die agtergrond. Die brood is vandag gebak in die Dover en die botter klaar gekarring van die afgeroomde melk se room. Daardie aand vra iemand aan tafel: “Ek sien hier is nou hoogspanningsdrade van Evkom wat oor die plaas loop. Gaan Oupa-hulle dan nou elektrisiteit kry?” Oupa smeer eers sy brood klaar, neem ’n sluk van sy koffie en praat dan. “Wel, ja. Ek het die man van Evkom gevra. Omdat dit so naby aan die huis is. Sy antwoord was ‘nee’.” “Dink net as Oupa elektrisiteit het, dan hoef ons nie elke dag vuur te maak nie en die vleis sal koud bly.” “Wel, ja. Ek het ook so gedink, maar ’n mens moet werk…3 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023PLAASMENSE IS PLANMAKERSEen van die belangrikste dinge wat ’n suksesvolle boer kan hê, is goeie kontakte. As jy nie self meer weet nie, sal daar ’n ander boer wees wat wél weet. Op ’n buurdorp bly daar ’n man wat alles onder die son weet van Case-stropers. As jy oestyd moedeloos op die land staan met jou stroper se nukke, bel jy hom en hy sal telefonies vir jou diagnoseer wat die probleem is en hoe om dit reg te maak. Net só is daar anderkant Potchefstroom ’n oom wat alles van Volvo-trekkers af weet. Hy sal nie net vir jou verduidelik wat verkeerd is en hoe jy dit moet regmaak nie, maar selfs vir jou kan sê waar jy die onderdeel kan kry vir ’n trekker wat donkiejare lank nie meer…7 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023SPAN TEGNOLOGIE IN VIR EKSTRA VEILIGHEIDLIGGING Weenen, KwaZulu-Natal KORTOM ■ GPS-geaktiveerde sellulêretweerigtingradio’s hetdieeienaarsvandie melkplaasFoundation Jerseyinstaatgestelomdie patrolliepatronevandieplaas sesekerheidswagtetemonitor. ■ Dieverbinding van’ngeslotebaansekerheidskamerastelselmet ’nalarmstelselstel’nboerin staatombedreigingseersop ’nveiligeafstandwaarteneem voordathydietoneelvandie alarmbesoek. ■ Boereenanderplattelandse inwonerswordherhaaldelik herinneraanhoebelangrikdit isdathulle, indieafwesigheid vandoeltreffendepolisiëringin Suid-Afrika, vroegtydigvolleen behoorlikebeheeroorhuleie veiligheidsmaatreëlsneem. Op die melkplaas Foundation Jersey in KwaZulu-Natal word niks aan die toeval oorgelaat wat betref die handhawing van veiligheid nie. Die eienaars van dié plaas by Weenen gebruik die afgelope paar jaar onder meer tweerigtingradio’s wat toegerus is met sogenoemde drukom-te-praat sellulêre kommunikasietegnologie. Een van die plaas se eienaars, mnr. Barry Schiever, sê hy, sy vrou, Jane, en Jane se ouers, mnr. Alan en me. Frances Webster, het hierdie teg as ’n manier om die kommunikasie en bewegings van die plaas se nagskofsekerheidswagte beter te monitor. “Toe ons wagte met net konvensionele tweerigtingradio’s toegerus was, het ons agtergekom dit…7 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023MUSKIETBOOM SE PEULE NOU KOFFIEKAPITAALLIGGING Prieska, Noord-Kaap KORTOM ■ Peule van die muskietboom word verwerk tot’n kafeïenvryedrankie met die geure van karamel, neut en vanielje. ■ ’n Gesondheidsproduk wat bloedsuikervlakke beheer, word ook daarvan gemaak. ■ Die benutting van die peule lei daartoe dat minder sade ontkiem, en bespaar só water. Indringerplante skep verskeie probleme vir die landbousektor, onder meer dat verdere druk op skaars hulpbronne, soos water, geplaas word. Die muskietboom of heuningprosopis (Prosopis glandulosa), ’n Noord-Amerikaanse doring-boom wat groot, voedsame peule dra, is só ’n plant. Duisende van dié bome groei in die hartjie van die Karoo op die oewer van die Oranjerivier waar dit baie landbougrond verswelg. Een familie van Prieska het ’n manier gevind om dié irritasie in iets nuttigs en genotvols te omskep, en is die enigste mense in…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023SAKBEK KEER VERMORSING UIT GROOTMAATSAKKEPLAASINLIGTING LIGGING: Wes-Kaap NAAM: 1. Grashoek (Bredasdorp), 2. Hermanusheuwel (Klipdale) GROOTTE: 4 000 ha EIENAARSKAP: Trust en beslote korporasie (Hermanusheuwel) VERTAKKINGS: Graan (koring, hawer, kanola en gars), vleisbeeste (Angus, Bonsmaras), skape (Merino’s, SA Vleismerino’s) en melkery met Holsteins en Ayrshires GROND-EN VELDTIPE: Meestal Glenrosa en Wasbank, asook Oakleaf en sandgrond REËNVAL: 800 mm per jaar KORTOM ■ ’n Sakbek met ’n verskuifbare sluisplaat vergemaklik die aftap van saad of graan uit ’n grootmaatsak en skakel vermorsing uit. ■ Sonpanele op dié vindingryke boer se plaas word deesdae deur bye “bewaak”, en sedertdien is nog nie ’n enkele sonpaneel beskadig of gesteel nie. Graanboere weet dit is feitlik onmoontlik om saad uit ’n grootmaatsak te tap sonder dat ’n klomp daarvan op die vloer beland. Mnr. Pieter du Toit van die…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023DIE‘SMARTT’-STE KORING IN DIE LANDLIGGING Britstown, Noord-Kaap KORTOM ■ Die ie droogte het vir lang jare ’n stokkie gesteek voor koringverbouing by Britstown, maar einde 2022 kon daar weer ’n oes – en ’n mooie daarby – afgehaal word. ■ Vloedbesproeiing uit die Smartt-sindikaatdam moes dikwels deurnag geskied omdat die boere streng by die leibeurte hou. ■ Die hoogste opbrengs was 9 ton/ha, en oor die gemiddelde van 5,5 ton/ha kla die rateltaai Karooboere nie. In Desember 2022 het die stropers swaar gesluk aan die geil are tussen Britstown en Vosburg. En die vragmotors moes roer om sowat 5 000 ton korrels op Hopetown af te laai. Op die N12 was motoriste en die voëls van die veld aan die raai oor waar die koring op die pad skielik vandaan gekom het. Dit was…6 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023ROL BOSSE PLAT VIR BETER WEIDINGPLAASINLIGTING LIGGING: Otjiwarongo, Namibië NAAM: Buffelhoek EIENAARSKAP: Beslote korporasie (grond) en eenmansaak (boerdery) VERTAKKINGS: Damaraskape, koei-kalf-osboerdery, vervaardiging van houtskool en houtasyn, bosbekamping op kontrakgrondslag GRONDTIPE: Gebroke kalk, sand, sandleem en swaar leem VELDTIPE: Van soetveld tot hardeveld na gelang van die grondtipe GEMIDDELDE REËNVAL: 428 mm per jaar (43 jaar se data) KORTOM ■ Die veld se drakrag het verdubbel sedert die Briedenhanns swaar bosrollers begin gebruik het om indringerbosse te bekamp. ■ Die vreetbare bosse wat oorbly, is ’n bate wat hul diere se rantsoen aanvul en 70% van die skape se rantsoen uitmaak. Boere bestee ’n oneindige hoeveelheid geld aan veldverbetering, want beter veld beteken dat meer vee winsgewend aangehou kan word. Dit beteken dikwels dat indringerbosse tot elke prys bekamp moet word. Los jy dit, kan dit…5 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023’N VOERKRAAL SONDER SUKKELPLAASINLIGTING LIGGING: Napier, Wes-Kaap PLAASNAAM: Mierkraal PLAASGROOTTE: 350 ha bewerkbaar VERTAKKINGS: Graan: koring, gars, kanola (65% van boerdery), Dohne-Merinoskape (800 ooie), swart Angus-beeste (20) GRONDTIPE: Leemklei en leiklip-tipe KORTOM ■ Met stukke van verskeie ongebruikte ou plaaswerktuie het mnr. Wynand Wessels ’n hele skaapvoerstelsel ontwerp en gebou. ■ Die stelsel bestaan uit ’n voerwaentjie, ’n vurkhyseroplaaistelsel en ’n rubbervoertrog. ■ Die hele stelsel het sowat R16 000 gekos. Met ’n stokou waentjie, die saadbak van ’n afgeskryfde Magitech-kalkstrooier, ’n ou laaibak en ’n lang rubberband het mnr. Wynand Wessels van Mierkraal, Napier, ’n baie doeltreffende voerstelsel vir sy skaapvoerkraal gebou. “Ek het ’n plek nodig gehad waar ek my lammers in kleiner groepe kon voer om hulle af te rond, veral in droogtetye,” sê hy oor dié voerkraal, waar hy…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023SLIM NETSTEL SEL HOU GROOT VOORDELE VIR VRUGTEBOERE INPLAASINLIGTING LIGGING: Ceres, Wes-Kaap NAAM: Rietfontein GROOTTE: 1 600 ha, waarvan 430 ha onder besproeiing is EIENAARSKAP: Graaff Fruit VERTAKKINGS: Appels, pere, wingerd, kersies, nektariens, lusern, Angus-beeste GRONDTIPES: Sanderige leem, sandklei, skalie REËNVAL: 650 mm per jaar KORTOM ■ ’nVrugteboer het ’n netstelsel ontwerp wat iets tussen ’n drapeernet en ’n vastestruktuurnet is. ■ Dit is ’n goedkoper en arbeidsvriendeliker stelsel as drapeernette en bied dieselfde beskerming aan vrugte. ■ Die nette is ’n uitstekende opsie vir bestaande boorde met hoëwaarde-kultivars wat nog nie onder bedekking verbou word nie. Wanneer mnr. Christi van den Heever, bestuurder van Graaff Fruit se plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld, medeboere kan help om koste te bespaar, doen hy dit graag – veral noudat die kosteknyptang boere wurg. ’n Voorbeeld hiervan is sy aangepaste…11 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023VRYSTATER KOM TOT SITRUSBOERE SE REDDINGPLAASINLIGTING LIGGING: Bultfontein, Vrystaat NAAM: Mooiuitsig GROOTTE: 700 ha EIENAARSKAP: Huurgrond VERTAKKINGS: Mielies, skape en Brangus-stoetery GRONDTIPE: Sandgrond KORTOM ■ ’nAmerikaanse toedientoestel vir ’n middel om valskodlingmot in sitrusboorde biologies te bekamp het probleme gegee in Suid-Afrika. ■ ’nVindingryke plaaslike planmaker het ’n weergawe geskep wat plaaslik baie doeltreffend werk. ■ Dit voorkom vermorsing en help om die koste van bestryding laag te hou. Met selfontwerpte toestelle vir plaaswerk wat van die uitroei van onkruid tot aangepaste planters strek, het mnr. Michris Janse van Rensburg van die plaas Mooiuitsig, Bultfontein, nou al byna kultusstatus bereik. Daarom het mnr. Johan Vorster van River Bioscience in Gqeberha Janse van Rensburg genader om die akkuraatheid van hul ingevoerde toedieners vir die bestryding van die valskodlingmot in sitrusboorde te verbeter. Hierdie toedieners het nie…4 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023VAN BEESBOER TOT BILTONGBOERPLAASINLIGTING LIGGING: Okahandja, Namibië NAAM: Closwa Biltong EIENAARSKAP: Privaat BRON VAN WILDSVLEIS: Van reg oor Namibië, met die beste bronne in die suidooste waar die landskap oop en die oes van wild makliker is. Vir ’n paar jaar is selfs karoowild van EU-gehalte vanaf Suid-Afrikaanse verwerkers ingevoer. KORTOM ■ In 2019 het Namibië die ergste droogte in honderd jaar beleef en kenners meen tot 70%van die nasionale wildgetalle was teen begin 2020 uitgewis. ■ Nádie droogte, gevolg deur die covid-19-inperking, het besighede weer begin kop opgetel en die biltongmaker mnr. Herman Fourie sien nou weer kans vir die toekoms. ■ Die verwerking van wildsvleis maak sowat die helfte van sy besigheid uit. In Namibië is boerdery gróót en vee-en wildboerdery sekerlik die grootste van ál die boerderysektore. Die land is…7 min
Landbou Boereplanne|Landbou Boereplanne 2023SKAAPTREK IS NIÉ KAMP OF CAMINO NIEKORTOM ■ Skaaptre kindie Boesmanlandis’n oorlewingstrategievirdie boerevandiégebied. ■ Die ergedroogtehetvir’n aantaljare’nstokkiedaarvoor gesteek, maarsedert2021kon hulleweerdietogaanpak. ■ Die trekhettweedele–huistrekendietrekvandievee. In 2021 kon boere in die Boesmanland ná bykans vier jaar weer ’n slag met hul skape tussen weiding trek. Mnr. Lambert Brand en sy vrou, Elna, boer sedert Junie 1996 in die Hantam op Taaiboskraal en in die somer op Lospersplaas in die Boesmanland. Elna, wat ook die kurator van die museum op Loeriesfontein is, vertel die twee plase lê ongeveer 100 km uit mekaar, maar sommige boere trek tot 140 km. Lambert se familie het ’n lang geskiedenis van trek. Sy verduidelik: “Die Boesmanland het nie ’n grens nie en jy het verbeelding nodig om dit te verstaan. Rondom Loeriesfontein boer ons met skape. Vroeër was dit net wolskape. Deesdae is…11 min
Índice para Landbou Boereplanne 2023 em Landbou Boereplanne (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Moshe Kshlerin

Last Updated:

Views: 5630

Rating: 4.7 / 5 (57 voted)

Reviews: 80% of readers found this page helpful

Author information

Name: Moshe Kshlerin

Birthday: 1994-01-25

Address: Suite 609 315 Lupita Unions, Ronnieburgh, MI 62697

Phone: +2424755286529

Job: District Education Designer

Hobby: Yoga, Gunsmithing, Singing, 3D printing, Nordic skating, Soapmaking, Juggling

Introduction: My name is Moshe Kshlerin, I am a gleaming, attractive, outstanding, pleasant, delightful, outstanding, famous person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.